‘Movember’ geld vir hospice

Agt personeellede van Hoërskool Dinamika het hierdie jaar weer met groot entoesiasme deelgeneem aan die “Movember” veldtog as deel van hierdie skool se jaarlikse uitreikaksies. Die “Movember” veldtog het sy oorsprong in 2004 in Melbourne, Australie, gehad toe 30 manne besluit het om ‘n baard en/of snor vir ‘n periode van 30 dae te groei in ‘n poging om bewustheid rondom prostaatkanker aan te wakker. Dit het gelei tot die stigting van die Movember Foundation Charity wat jaarlikse duisende rande insamel vir bewustheidsveldtoge rondom prostaatkanker en algemene gesondheidstoestande onder mans. Hoërskool Dinamika se personeel het almal bygedra tot die fonds en sodoende R1 700 ingesamel. Die fondse is Maandag 4 Desember aan Stepping Stone Hospice oorhandig.
Voor v.l.n.r: mnr. R. Nöffke, mnr C. vd Schyff, mnr J. Schutte (hoof), en mnr. F. Oosthuizen. Agter v.l.n.r: mnr. J. du Toit, mnr J. Pretorius, mnr. C. de Wet en mnr. J. Labuschagne